
=====================================================================
Ons lesers skryf (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Ons lesers skryf

Dra Afrikaans verlig die wreld in

Dan Roodt   gooi uitdagend 'n hand vol klippe in die Afrikaansbos na aanleiding van 'n siening in AV Oktober 1998 dat Afrikaans se grootste 
bedreiging parogialiteit, kleinlike etnosentrisme en intellektuele armoede is. IN antwoord op die bydraes van Johann Rossouw en   Joan 
Hambidge in 'n vorige   uitgawe van Afrikaans Vandag, wil ek enersyds my misnoe uitspreek oor sekere stereotipes in hul denke, en 
andersyds probeer om die debat oor Afrikaans uit die "parogiale" te lig waarin dit skynbaar versink het.

In die eerste plaas meen ek dat Afrikaans hoegenaamd nie 'n parogiale taal is nie. Trouens, die oorgrote meerderheid sprekers van die taal 
praat dit as tweede, derde of selfs vierde taal.

In baie opsigte is Nederlands veel meer parogiaal in die sin dat dit totaal in sigself gekeer is en gefokus is op die Lae Lande sonder 
noemenswaardige tweede- en derdetaalsprekers. Dit het ook nie die taamlik kreatiewe tegniese woordeskat van Afrikaans nie. En bowendien, 
watter Nederlander sedert Spinoza (wat 'n Jood was) het al ooit 'n bydrae tot die menslike denke gelewer? Na my wete het sommige Hollanders 
hulle al bekla oor die wye internasionale belangstelling in Afrikaanse skrywers soos Brink, Breytenbach e.a. terwyl dieselfde nie van hul 
eie romansiers of digters ges kan word nie.

En wat van Smuts? Weliswaar het hy nie veel in Afrikaans geskryf nie, maar as Afrikanerdenker het hy wel "holisme" by ons internasionale 
woordeskat gevoeg.

Daarom, gesien sy nogal illustere tradisie, is ek redelik oortuig dat Afrikaans nie in parogiale terme beskou kan word nie. Wanneer dit by 
kultuur en 'n relasie met die Suid-Afrikaanse landskap in die bre kom, is Engels juis die parogiale taal met 'n geweldige leksikale 
afhanklikheid van Afrikaans. Ook die patetiese plaaslike versamelinkie tekste wat as "South African Literature" -- let op die paranoese 
uitsluiting van Afrikaans in di definisie -- deurgaan, praat oor niks anders as die dilemmas van die Noordelike Voorstede in Johannesburg 
of chauvinistiese projeksies oor "dumb Dutchmen" of dergelike nie.

Intellektuele inhoud is waarskynlik nie in Afrikaans op die vlak van Paryse filosofie of Chicagose ekonomie nie, maar die middele of die 
potensiaal, meen ek, is wel daar. 'n Aandrang op intellektuele inhoud is egter nog lank nie dieselfde as om self so 'n inhoud aan iets te 
gee nie. Ek vind dit ook vreemd dat me. Hambidge hoog opgee in die stryd teen Engels aangesien ek haar nog nooit 'n boek sien aanhaal het 
in 'n ander taal as Engels nie. (Ons weet tog almal Derrida kom van Kaliforni.)

Met Rossouw se standpunt dat meer tekste in Afrikaans vertaal moet word, kan 'n mens net saamstem. Maar sy standpunt faal as dit kom by die 
naewe opvatting van "die toenemend armoedige aard van ekonomiese taalgebruik". Selfs Karl Marx draai nou in sy graf om, al het hy niks 
geweet van daardie veelheid van kontemporre manifestasies soos die rekenaarrevolusie-cum-internet, finansile afgeleides, 
bestuursfilosofie, wat ons as homo oeconomicus definieer aan die vooraand van die nuwe millennium nie. Trouens, die onderneming, en nie die 
staat nie, het die lokus van denke en kultuur geword.

Die speelsheid en kompleksiteit van ons eietydse diskoerse is in die eerste plaas gekoppel aan 'n ekonomies-tegnologiese omwenteling. 
"Postmodernisme", daardie verakademiesde clich van die Afrikaanse letterkunde, is uitdruklik verbind aan inligtingstegnologie, ten minste 
in Lyotard se oorspronklike beskrywing daarvan. (Vgl. sy beroemde woorde "databanke is 'die natuur' vir die postmoderne mens".) Die 
voorrang -- ook dikwels in verbeelding en voortreflikheid -- wat ekonomiese denke vandag bo byvoorbeeld die filosofiese geniet, is toe te 
skryf aan die groter "werklikheidsaangepastheid" daarvan.

Afrikaans het in Suid-Afrika die ongelooflike geleentheid om in Nietzscheaanse terme ons bestaan as eietydse ekonomiese spelers te beaam of 
te beja pleks van dit op reaksionre manier te probeer ontken in die naam van godsdiens of sosialisme of volksheid of enige soortgelyke 
argaese beginsel. Afrikaners is plesierig, en so ook die markte.

Gelukkig vir Afrikaans word Engels vandag in Suid-Afrika as 'n soort koloniale wapen gebruik deur 'n reaksionre bewind wat poog om die 
heterogeniteit van Suid-Afrika op alle gebiede te onderdruk ten einde 'n Engels-Afrikanistiese hegemonie te bewerkstellig, polities-korrek, 
unitr en "getransformeer".

Die internasionale posisie van Engels as synde die draer van die tegnologiese revolusie is myns insiens 'n aparte aangeleentheid teenoor 
die binnelandse problematiek van amptelike taal, voertaal, en medium vir die ekonomiese aspirasies van die bre Suid-Afrikaanse bevolking. 
Tans is die ampstaal sekerlik Engels, asook die voertaal van die oligopolistiese "groot besigheid" met sy koloniale verlede. Waarom kan 
Afrikaans nie die medium van die nuwe ekonomie word nie, 'n speelse lokale alternatief vir die dwingelandy van die amptelike, kwasi-
sosialistiese staatsdiskoers wat Suid-Afrika na sy vorm wil giet?

In meer praktiese terme kom dit hierop neer:

Afrikaners behoort te vergeet van hul kortstondige flirtasie met staatsgesag van die afgelope veertig jaar, en hulle atavistiese 
individualisme en afkeer van staatsgesag laat hoogty vier. Word "Nuwe Voortrekkers" op die Internet en die termynmarkte. Skep 'n virtuele 
staat pleks van 'n volkstaat.

Verbreed die definisie van 'n Afrikaner tot "enigiemand wat van melktert en koeksisters hou".

Word so ryk as moontlik. Dit is absoluut noodsaaklik dat die Afrikaanssprekende bevolking so kapitaalkragtig as moontlik moet word, en 
inderdaad as die primre werkverskaffers en werkskeppers in Suid-Afrika behoort op te tree.

Dring aan op gelykberegtiging teenoor Engels. 'n Geweldige straatoptog en betoging van honderdduisende mense voor die Uniegebou behoort oor 
'n tydperk van maande georganiseer te word om hierdie saak aan die owerheid op te dring en 'n bre solidariteit onder liefhebbers van 
melktert en koeksisters (=Afrikaners) te skep.

Bemark Afrikaans. Dit is absurd om te praat van die fantastiese Afrikaanse letterkunde, musiek en ander kulturele produkte as dit nie te 
koop is in die winkels nie. Bring 'n Afrikaanse Instituut op die been wat Afrikaans op verbeeldingryke en bowenal verligte wyse die wreld 
kan indra. Beliggaam ons ervaring as synde grensmense tussen Afrika en Europa, Eerste en Derde Wreld, in gedurfde en vernuwende werke. Wie 
weet, miskien sal die Franse en die Duitsers, Japanners en wie ook al eendag Afrikaanse boeke lees om agter te kom hoe ons kon gedy in die 
skaduwee van imperiale Engels, daar waar hulle gefaal het. (Teen daardie tyd sal Nederlands nie meer gepraat word nie.)

Bowenal: moenie lesse nm nie, g 'n paar. In Afrikaans. Dan Roodt   is skrywer en handelaar in opsies en rentekoersafgeleides by 'n 
Amerikaanse aksepbank in Johannesburg. (Sy bydrae is verkort.)
---------------------------------------------------------------------


Soek Afrikaanse diskoers

EK het destyds die Afrikaanskursus van me. Marais gevolg wat uitgesaai is oor Die Stem van Suid-Afrika. Ek kan nog Afrikaans lees, maar sal 
moet leer praat, laat dr. Kurt P. Bierstock weet na aanleiding van Afrikaans Vandag se Internet tuisblad. Hy het gespesialiseer in die 
sosiologie van etniese minderhede en soek kontak met Afrikaanssprekende sosiolo en joernaliste. Sy adres is: State Institute for Family 
Research at the University of Bamberg
D-96045 Bamberg
Germany.
---------------------------------------------------------------------


Taal is nie in gevaar

Drs. W. Werner,   Amsterdam, Nederland. In AFRIKAANS VANDAG van december 1998 beschrijft Uw correspondent in Amsterdam de opvattingen van 
professor Guus Extra uit Tilburg over de toekomst van de   Nederlandse taal in dit land. de opvattingen van professor Guus Extra uit 
Tilburg over de toekomst van de Nederlandse taal in dit land. ["Veeltaligheid is 'n verryking deurdat dit vir ons 'n groot bron van kennis 
is," s prof. Extra in 'n onderhoud met Gawie Keyser in Afrikaans Vandag van Desember 1998. Die professor meen veeltaligheid is 'n feit, 
veral as die Nederlandse situasie in die konteks van steeds groter wordende Europese Unie geplaas word.]

De sombere opvattingen van de professor zijn geluiden uit de studeerkamer maar zij hebben niets te maken met de realiteit. De lezers van 
Afrikaans Vandag denken toch niet dat er een Amsterdammer bestaat die er over denkt om arabisch te leren omdat er tussen de vijftig en 
honderd duizend Marokkanen in deze stad wonen die thuis arabisch spreken. Ook zal niemand het in zijn hoofd halen, turks te leren om beter 
met Turken te kunnen communiceren. Integendeel, Turken leren de Nederlandse taal en veel Turkse kleine zakenmensen spreken onze taal 
uitstekend.

Kortgeleden is er in het Nederlandse parlement een wet aangenomen, de inburgeringswet, die nieuwkomers verplicht cursussen in de 
Nederlandse taal en cultuur te volgen. Als zij niet aan minimale eisen voldoen, dan kunnen boetes worden opgelegd van enige duizenden 
guldens. Belastinggeld gebruiken voor lessen in de talen van de allochtonen zal op grote weerstand stuiten. Willen deze groepen dat zelf 
betalen, dan zijn wij een vrij land waarin dat natuurlijk mogelijk is. Neen, de twintig miljoen mensen in Europa die de Nederlandse taal 
spreken en schrijven zullen die taal niet inruilen voor welke taal dan ook.

In sommige kringen, bijvoorbeeld in het internationale bankwezen, vindt de communicatie in de Engelse taal plaats. Fransen, Duitsers, 
Belgen, Zwitsers. Spanjaarden, Portugezen en Italianen gebruiken in het internationale zakenleven de Engelse taal. Binnen Europa zijn de 
kosten van het vertalen hoog opgelopen, omdat alle stukken vertaald moeten worden in de taal van de deelnemende landen en men overweegt om 
ook Polen, Hongarije en Tsjechi over een aantal jaren als lid te accepteren. Er is nu een sterke stroming in Brussel om het aantal talen 
te beperken tot Frans, Duits en Engels. In het Europese parlement zal iedereen natuurlijk zijn eigen taal kunnen blijven spreken.

Prof. Extra noemt het "onzinnig" dat in bepaalde wijken waar allochtonen de meerderheid vormen, de Nederlanders de taal van de allochtonen 
niet moeten leren. Deze kamergeleerde professor is natuurlijk vergeten dat dit land is ontstaan omdat onze voorvaderen tachtig jaar tegen 
de Spanjaarden hebben gevochten voor hun vrijheid. Wie aan onze taal komt, zoals mensen als de professor, kan erop rekenen dat Vlamingen en 
Nederlanders bereid zijn de strijd aan te binden tegen iedereen die meent dat wij dan maar arabisch of turks moeten leren. Het aantal leden 
van de Vereniging Onze Taal is de laatste tien jaar van 5 000 gestegen tot +/- 50 000 en breidt zich nog snel uit. De Nederlandse gulden 
verdwijnt, het wordt de Euro. De Nederlandse vlag wordt nog maal zelden door de burgers uitgestoken, maar de taal is niet in gevaar.

Helaas zien wij televisiebeelden uit Zuid Afrika, bijvoorbeeld over het rapport van de waarheidscommissie, waarbij Engels de voertaal is. 
Kunt U dat niet veranderen?     Dr. Kurt P. Bierstock soek Afrikaanse diskoers Drs. W. Werner tree in diskussie met prof. Guus Extra

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6122.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

